MOSSELBAAI NUUS - 'n Vrolike groep van 27 vroue (en een man) van die VLV Voëlvlei-tak het onlangs die voorreg gehad om 'n kaasfabriek en verpakkingsaanleg in Riversdal te besoek.
Die vroue het sommer vroeg-vroeg by die uitdraaipad na die verpakkingsaanleg bymekaargekom.
Hulle is deur Piet Willemse van Jireh Foods ingewag. Hy het vir hulle meer inligting gegee oor die begin van die onderneming en ook wat die naam 'Jireh' beteken.
Hy sê dié onderneming en plaas is van die begin af in God se hande geplaas. 'Jireh' beteken 'God voorsien' in Hebreeus.
Willemse het die vroue daarna deur die aanleg geneem en al die aspekte van die verkoeling, verpakking en verspreiding van produkte verduidelik.
Daar word verskillende soorte kaas (en tonne daarvan), waaronder cheddar, wit cheddar, gouda en mozzarella gemaak, asook cheddar met verskillende geure soos peper en rissie.
Volgende op die besoeklys was die kaasfabriek in die dorp se nywerheids-gebied.
Die besoekers is aan die einde van hul toer elk met 'n 400 g-blokkie kaas en 500 g-houer botter verras. Hierna het die VLV-vroue hul uitstappie met 'n heerlike middagete in die dorp afgesluit.
Elsabe Coetzee, Carina Holtzhauzen, Lynni Schutte, Ronel Laubcher en Sarie Coetzee.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’